Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN (vir Reka)
"Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN (vir Reka) [boodskap #14215] Vr, 01 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SONDAG VAN 'N KIND
D. J. Opperman

My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,

hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.

Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,

en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.

Klip na klip word van die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.

---
Vir Reka: vertalings van moeilike woorde
vertaal: translate
moeilik: difficult
sondag: Sunday maandag, dinsdag, woensdag
donderdag, vrydag, saterdag
raap/rape: turnip/turnips
uitgetrek: pulled out
skoongewas: washed clean
spruit/spruite/spruitjie: small stream, tributary
saam gaan eet: ate together
klawergras: clover
waenhuis: cart-shed, waggon-house
bure: neighbours
saamgedrom: standing very close together
hoek: corner
vervalle: dilapidated
iemand: somebody
klip: stone
van die muur gerol: the stones are removed from
the wall
lam:lamb
raapwit: as white as a turnip
Vorige onderwerp: Uit "Scriba van die Carbonari" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING (with translation)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:14:17 MGT 2024